Eksklusiewe Militêre Styl Akademie

Eksklusiewe Militêre Styl Akademie

Eksklusiewe Militêre Styl Akademie

Die kursusse by Milites Dei Akademie het verskillende voordele en ingesluit in al die opsies is dat dit die student is wat baat daaruit. Belangriker nog, is dat wat jy ook al kies, jy as student gaan ‘n ander mens uitstap wat enige toekomstige uitdagings met gemak sal kan aanpak weens die feit dat dit ‘n militêre styl akademie is.

Daarbenewens, sluit die kursusse geakkrediteerde en geregistreerde kwalifikasies in en dus kan jy opwindende en goed betaalde werke kry. Dit is baie belangrik om seker te maak wanneer jy geld betaal vir opleiding, dat jy wel uitstap met kwalifikasies wat werk vir jou gaan verseker. Die Akademie is ‘n geregistreerde maatskappy wat verder geakkrediteer is by al die relevante wettige owerhede – Milites Dei Security Services (Edms) Bpk h/a Milites Dei Akademie, Besigheidsregistrasie Nr. 2015/273691/07, PSIRA Nr. 2758028, PSIRA Opleidingsentrum Nr. T1564, SASSETA Akkreditasie Nr. 171999692736.

Nie alle studente will ‘n loopbaan bou binne the sekuriteitsbedryf nie en daarom is die kursuuse ook geskik as ‘n oorbruggingsjaar. Terselfdertyd, gaan jy kwalifikasies ontvang waarna jy dalk later in jou lewe op kan terugval.

In die algemeen kan jy die kursusse gebruik as lewensvaardighede en om ‘n paar voorbeelde te noem, (i) die kursus maak jou situationeel bewus van bedreigings binne en buite jou gemeenskappe, (ii) jy ontvang vaardighede om jouself en jou gelieftes te beskerm, (iii) dit gee jou oorlewingsvaardighede, (iv) dit plaas goeie waardes en dissipliene terug in jou lewe (v) die kursusse leer jou presisie, eer en taaiheid.

Milites Dei Akademie kondig openlik en trots aan dat ons die BESTE Eksklusiewe Militêre Styl Akademie is en beter as soortgelyke akademies in Suid-Afrika as gevolg van die volgende redes:

  1. Akkommodasie is in bungalows op die terrein;
  2. Studente ontvang drie gesonde maaltye per dag en gereelde koffie breke;
  3. Bystand en reis word aan studente verskaf om bevoegdhede te registreer by die relevante owerhede (PSIRA en SAPD);
  4. Daar is ‘n snoepie op kampus;
  5. Studente ontvang eksklusiewe en toepaslike uniform wat die eiendom van die studente bly na studies, insluitende die beret;
  6. Ammunisie en vuurwapenopleiding geskiet by geakkrediteerde skietbane;
  7. Instrukteurs het jare ondervinding in onderrig en het self relevante geakkrediteerde kwalifikasies;
  8. Studente ontvang PSIRA, SASSETA en (PFTC) – Professionele Vuurwapenopleiersraad Geakkrediteerde Kwalifikasies;
  9. Studente kry werklike werkservaring by besighede, hotelle, wildsplase, plase en anti-wildstoop eenhede in die akademie se area;
  10. Personeel help elke student om ‘n werk te kry na studies en die akademie het talle werksverhoudinge met maatskappye in Suid-Afrika en buite Suid-Afrika wat deurlopend suksesvolle studente indiens neem.;
  11. Personeel mentor en begelei studente na afloop van die kursusse; en
  12. Personeel monitor die sukses van studente in hul werksplekke.

Dus, kom verander jou lewe by Milites Dei Akademie, word die taaiste, eerbaarste en mees presiese mens wat jy nog altyd wou wees.

Tweede Semester Amptelik Oop. Klasse Begin op 15 Julie 2019. Skryf Nou In. Kontak Milites Dei Akademie Sel / WhatsApp 0814788018 / Kantoor 0137490004 of per E-pos na amareza@militesdei.com. Kyk ook gerus na die Facebook blad op http://www.facebook.com/SPECIALIST.OPERATIVE

Facebook Comments