Verbeter Jouself en Verwerf Kwalifikasies

Militêre-Styl Opleidingsinstansie

Militêre-Styl Opleidingsinstansie

Milites Dei Akademie is ‘n elite Suid Afrikaanse militêre-styl opleidingsentrum wat jong, entoesiastiese leerders ‘n wonderlike geleentheid bied om hulleself te verbeter, te beveilig en geakkrediteerde kwalifikasies te verwerf. Die mengsel van vaardighede en kwalifikasies bied elke individuele student die geleentheid om ‘n suksesvolle toekoms te bewerkstellig deur gespesialiseerde taktiese opleiding.

DrilDie dissipline van dril op ‘n sielkundig vlak ontwikkel ‘n gevoel van spanwerk, dissipline en selfbeheersing. Verder bevorder dril die outomatiese verrigting van pligte onder uiterste omstandighede. Dril lei ook tot die instinktiewe reaksie op instruksies. Max Anders verduidelik, “Only the disciplined ever get really good at anything.”

Oefeninge met Pale

Oefeninge met Pale

Selfdissiplineerde mense is meesters van hul impulse. Hierdie bemeestering kom uit die gewoonte om die regte ding te doen. By Milites Dei Akademie beteken die regte ding dievolgende:

  • Fisiese oefeninge om sterk en fiks te word en wees;
  • Bungalow skoon maak en ‘n perfekte inspeksie;
  • ‘n Lewe wat gerig is op eer, akkuraatheid, taaiheid; en
  • Die hele program by die akademie wat insluit militêre-styl vaardighede en geakkrediteerde kwalifikasies.
Boskamp

Boskamp

Om gereeld skoon te maak beteken jy is trots op jou omgewing en die area van jou alma-mater, naamlik die Milites Dei Akademie kampus. Die kampus sluit dievolgende in:

  • Hoofhuis vir die instrukteurs;
  • Personeelkwartiere;
  • Studente bungalows;
  • Kantore;
  • Klaskamers;
  • Werkswinkels;
  • Paradegronde;
  • Hindernis kursusse;
  • Boskamp; en
  • Die Peebles Pad vallei wat legio hektaars bos, damme, paadjies en plase insluit.
Maak Gereed vir Inspeksie

Maak Gereed vir Inspeksie

 

Die Omgewing Rondom Peebles Pad

Die Omgewing Rondom Peebles Pad

blank blank blank

Facebook Comments