Milites Dei Logo - Specialist Operative - Military Training Style - Accredited Learning Programs

Milites Dei Akademie op Ontbytsake

Milites Dei Akademie was onlangs op Ontbytsake en julle kan gerus na hul webwerf gaan kyk vir meer oor die eksklusiewe akademie waar jongmense in besonderse suksesse verander. [Lees meer by http://www.ontbytsake.co.za/Pages/Sakegemeenskap/Onderrig%20en%20Opleiding/Milites%20Dei%20Akademie]

Ontbytsake skryf dat Milites Dei Akademie by Witrivier is ‘n militêre-styl geakkrediteerde opleidings-instansie wat verantwoordelikheid, leierskap, fiksheid, etiese waardes en respek vir tradisie by sy studente kweek.

Die kursusse by Milites Dei Akademie het ‘n magdom voordele en rus die student toe met waardevolle lewensvaardighede. Die kursusse is geskik as ‘n oorbruggingsjaar of as blote avontuur, maar voorsien deeglike opleiding in die sekuriteitsbedryf. In die meeste gevalle word studente reeds deur werknemers gewerf nog voordat die kursus voltooi is.

Vir persone sonder matriek bied die Akademie die PSIRA- en SASSETA-kwalifikasies aan – die Nasionale Sertifikaat in Algemene Sekuriteitspraktyke en die Verdere Onderwys- en Opleidingsertifikaat in Spesialis Sekuriteitspraktyke wat op dieselfde vlak as matriek is.

Milites Dei Akademie maak ook voorsiening vir gegradueerdes en skoolverlaters wat nog nie werk het nie, met ‘n drie-maande kursus wat jou as Spesialis Agent oplei.

Facebook Comments